spacer
spacer search

Suid-Afrika
Die Kaap is weer Hollands. Ons wag vir julle!

Search
spacer
Newsflash
Zing mee met de Afrikaanse zanger Pieter Smith en zie hoe makkelijk Afrikaans is!


Hermanus
Kies Jou Rigting
Tuisblad
Ons Nuus
Ander Nuus
Skakels
Nuus Skakels, RSS
Geskiedenis
Afrikaans
Woordenboek
Weblog Jan Paul
Weblog Caroline
Weblog Laura
Weblog Max
Weblog van Robert
Martijn in Australie
Gallery
strandblom

strandblom

Administrator
 
Tuisblad arrow Afrikaans arrow Zakenmagnaat Johann Rupert Komt op voor zijn moedertaal

Zakenmagnaat Johann Rupert Komt op voor zijn moedertaal Print E-mail
Zakenmagnaat Johann Rupert heeft besloten advertenties stop te zetten in een Brits tijdschrijft wat Afrikaans als een van de leelijkste talen ter wereld bestempelde.

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het gister sy "heelhartige steun" uitgespreek vir die sakemagnaat mnr. Johann Rupert se besluit om miljoene rande se advertensies te onttrek aan 'n Britse tydskrif wat Afrikaans as "een van die lelikste tale ter wêreld" bestempel het.

Volgens Rapport het Rupert die besluit geneem nadat die interna sionale dekortydskrif Wallpaper 'n onderskrif by 'n foto van die Taalmonument soos volg verwoord het: "Die argitek Jan van Wijk se besonderse 1975-huldeblyk aan een van die wêreld se lelikste tale wat, as dit oor niks anders gewaardeer kan word nie, 'n goeie piekniekterrein is op pad na Franschhoek en Stellenbosch se wynlande".

Rupert, uitvoerende voorsitter van die reusagtige luuksegoederegroep Richemont, wat handelsname soos Alfred Dunhill, Cartier, Lancel en Van Cleef & Arpels besit, het aan die koerant gesê hy kon aanvanklik sy oë nie glo toe hy dié stelling in die tydskrif se September-uitgawe gelees het nie.

"Die tydskrif het my moedertaal verneder en ek het nou genoeg daarvan gehad dat my kultuur voortdurend gekleineer word. Ek gaan nie net stilsit en toekyk hoe my taal en kultuur deur die modder gesleep word nie. Wat hulle oor Afrikaans te sê gehad het, is die grootste komp twak wat ek in 'n lang tyd gesien het en ek het besluit dit verg optrede."

Die tydskrif kon nie gister vir komentaar word bereik nie.

Mulder meen baie Afrikaanssprekendes aanvaar vandag dat hul taal seker maar verdien om swak behandel te word.

"Deur sy optrede stel Rupert 'n voorbeeld aan talle plaaslike maatskappye wat allerlei verskonings uitdink waarom hulle Afrikaanse kliënte se geld wil hê, maar nie hul taal respekteer nie.

"Afrikaans moenie 'n turksvy in die Suid-Afrikaanse kultuurboord word met dorings waaraan niemand wil vat nie."

Mulder meen verder Rupert se optrede bewys dat die tyd verby is dat Afrikaanssprekendes verskoning vir alles - ook hul taal - vra.

Volgens hom toon navorsing dat Afrikaans - al is dit die derde sterkste taal ná Zoeloe en Xhosa - die enigste taal in die land is waarvan die posisie ná 1994 verswak het, terwyl Engels en die ander Afrika-tale se posisie verbeter het.

 

Laatst Aangepast ( dinsdag, 06 december 2005 )
Volgende >
spacer

© Kopiereg SuidAfrika.nl 2005-2006

spacer
 
eXTReMe Tracker